Home
Dit is 2012. Baie mense meen dit is die einde van die bestaan van die wêreld. Ek hoop dit is die begin van die wêreld soos wat dit eintlik moet wees.
Ek bid dat oorloë sal ophou, dat mense van alle rasse, kleur, tale en gelowe mekaar sal vind. Ek bid dat ouers en kinders weer gesinslewe sal hervat, dat man en vrou hulle verhoudings met erns sal benader. Ek bid dat ons die natuur sal respekteer. Ek bid dat ons sagkens met ander mense sal omgaan. Vriend en/of vyand.
Ek bid vir hulle wat siek is, wat alleen is, wat verward is.
Ek bid vir mans, vroue en kinders. Ek bid vir ons regering en ons opposisie en vir al die ander partye in ons land.
Ek bid vir my vriendinne. Die wat ek gereeld sien, die wat ek minder sien en die wat ek oor die lug ontmoet het. Ek bid vir my kollegas, my baas en alle werkers daar buite. Ek bid vir ons nooddienste – weermag, polisie, ambulansdienste, reddingspersoneel en sekuriteitsmense.
Ek bid vir my man en my kinders. Eie, aangetroudes en almal wat ek onwettiglik ”aangeneem” het deur die jare.
Ek bid vir jou. Maar veral bid ek vir myself. Ek het dit nodig.
Mag 2012 jou beste jaar nog ooit wees!
Mooi 2012 vir een en elkeen!!
Lorraine Brand



