Foto-Pretsel 22

cats connoisseurs of comfortMy kat, Ziva, is ‘n regte lady . . . soek altyd die sagste kombers, die hoogste kussing of die warmste plekkie in die son in die winter . . . en as dit somer is, die koelste plekkie op die stoep.

Hier maak sy haar tuis in ‘n pop dra-bedjie . . . en slaap heel gerieflik daarin.

Foto-Pretsel 20

Minste

Dis nie altyd so maklik nie.  Die mens se natuur wil hoofrol speel. As ons te nagekom word, wil ons terugveg.  Soms is ons vinniger met die mond as met die verstand.

Ek is gewoonlik heeltemal verstom wanneer iemand my verbaal aanval, veral as ek heeltemal onskuldig is.  Ek bly stil.  Nie uit eie keuse nie, ek is letterlik stom want op daardie oomblik gaan daar honderd dinge tegelyk deur my kop.  Agterna dan dink ek, ek was dom, ek moes dit vir haar/hom gese het of ek moes dit gedoen het.  Maar altyd te laat met die goeie raad aan myself.

Eendag noem ek dit aan ‘n vriend (was ons predikant) dat ek soms wens ek kan dadelik terugbaklei want die ander persoon dink hy/sy het die oorhand.  Se hy vir my toe die volgende. “Onthou, jou swakste eienskap is gewoonlik ook jou sterktste eienskap”.  Het my ‘n rukkie geneem om dit heeltemal te begryp.  Maar dit is waar.  As ek moes onmiddellik terugbaklei het, sou die situasies seker heelwat slegter afgeloop het.

Ek gaan nie jok nie, maar soms, net soms wens ek ek was bietjie vinniger . . . .

Foto-Pretsel Nr 18

wolke

Daar is darem min dinge wat my gemoed so goed doen soos ‘n reenbui.  Wanneer die groot druppels plons op my stoep se sinkdak en die donderweer rammel in die verte en ek ruik die dankbaarheid van die aarde in die reuk van die grond, is dit trooskos vir my siel.

Gelukkig le ons somerreens nog voor . . . ek wag in afwagting.

Foto-Pretsel Nr 17

baba tree

Ons is altyd so haastig.  Om daar te kom, om klaar te kry, om eerste te wees, om dit agter die rug te kry . . . en voor ons ons kry . . . was die tree te groot/lank en struikel ons.  Moet ons weer van vooraf begin.

Raak rustig. Rome is nie een dag gebou nie, en is ook nie so groot nie.