‘n Nuwe jaar

 plaashek

Salig! As my nuwe jaar so begin, kan ek vir vir 2011 sê “bring it on!”  Gisteraand het ons en ons kinders die oujaar afgesluit met ‘n braai op die plaas.  Terwyl ons aan tafel gesit het, het die reën (dit het al eintlik die heeldag gereën en net gestop sodat ons kon braai) saggies op die plaashuis se sinkdak geval.  Daar was geskerts aan die tafel, daar was onthou-jy-nogs en, wanneer niemand gekyk het nie, was daar trane in my oë. 

Hoe bevoorreg was ek nie!!  My man en al my kinders om een tafel.  In een huis. In vrede.  In oorvloed. In goeie gesondheid. In een stuk.  In liefde.  Wat meer kan ‘n mens wil hê.  Die afgelope tyd het menige mens vir my gevra wat ek wil hê vir 2011.

Sonder om blasé te klink, het ek gesê “niks”.  Party het my wel snaaks aangekyk, maar dit is hulle saak.  Ek het alles wat ek moet hê en wat ek wil hê.  Ek was nog nooit in my lewe materialisties nie.  Het al soveel mense met so baie besittings gesien wat sielsongelukkig was. 

Die dinge in die lewe wat my gelukkig maak, kos nie geld nie.  Kan jy dit nie koop nie.  Nie eers op ‘n uitverkoping nie.  Hartsgeluk – Vrede – Liefde – Aanvaarding – Vriendskappe – Sonsondergange – Natuurskoon – Reëns –  Sonnige dae – Kaggelvure – Geleenthede – Familie – Huweliksgeluk – Gesondheid . . . en nog baie meer.

Vanoggend toe ek wakker word (en manlief wat vir my koffie bed toe bring), is ek skielik opgewonde.  ‘n Nuwe jaar . . . nuwe verwagtinge.  Ek is so reg soos wat kan kom.  En jy? Vir jou wens ek al hierdie dinge hierbo – en nog meer.  As jy dit het, is al die ander dinge onnodig. 

Ek het gister ‘n mooi sms van ‘n vriendin ontvang.  In Engels.  Ek deel dit met julle.

“Lke birds, let us leave behind what we don’t need to carry . . . Pain, sadness, bitterness, fear and regrets . . .  Fly light – Life is beautiful!  If 2010 didn”t end up the way you planned . . . just remember . . . 2011 is created specially for you to start new . . . enjoy every new moment!”

Mag elke oomblik van jou 2011 gevul wees met voorspoed, vrede en vreugde!

Lorraine

4 thoughts on “‘n Nuwe jaar

  1. Lorraintjie, dit was nou die mooiste nuwejaars “boodskap” wat ek in ‘n lang tyd gelees het.
    What a lovely blog. It brought tears to my eyes in its beautiful simplicity. Just true feelings from the heart. Ek sien in my “mind’s eye” hoe sit jy en Andre, Ryno, Werner en Linkie (and the grand doggies too) aantafel en gesels en lag. And you can bet your bottom dollar that if you had anything to do with the “catering”, then there would be lots of yummy kossies!

    Having the honour of calling you my friend, I know that all that you say is being true to yourself. There are so many of my friends and family who I would love to forward this email to, but unfortunately they won’t absorb and/or implement any of those feelings or attitudes you talk of. As my late mother always said “so gemaak en so gelaat staan”, and how true that often is.

    After reading your blog, I also don’t wish for anything in 2011.

  2. En daar raak jy weer ‘n hartsnaar soos altyd! Mooiste, mooiste wense vir jou Lorraine vir ‘n heerlike en genotvolle jaar! (dankie dat jy jou inskrywings altyd fb toe pos!) Lieflik geskryf. x

  3. Is ‘n groot plesier en ‘n groot voorreg ‘vir my dat jy altyd ‘n tydjie maak om hier te kom loer! Mooi aand vir jou en joune x

  4. Zelda, what kind words!!!! It is friends like you who have shaped me into what and who I am today. Jy sal nooit weet wat jy vir my beteken het nie en nogsteeds beteken – al is ons ‘n 1000km weg. Can’t wait for our first visit – lots and lots and lots of stories (and wine) !!! xx

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *