Brekfis-rolletjies

Bacon and Eggs in a Bun

Nes hulle daar se . . . ‘n boer maak ‘n plan.  Maar ‘n huisvrou voer dit uit.  Het jy dag-oud rolletjies in die blik?  Hol rolleltjies uit, vul met stukkies gaar gekapte spekvleis of ham of gaar oorskietwors, snipper ‘n bietjie tamatjies by, knyp kaas tussen vingers en gooi in rolletjie.  Breek ‘n eier bo-op en bak tot eier gestol het.

Ek dink aan moerkoffie as ek hierdie brekfis-rolletjies sien.

Geniet!

Bron : Internet

Eenvoudige lekker hoenderpastei

hoenderpastei

 

Hoenderpastei . . . maklik en geurig

2kg hoenderstukke
2 pak Ready Doe (Puff Pastry)
2 groot uie
2 hoenderekstrakblokkie
2 pakkie hoenderroomsop
2 blikkie gemengde groente
500g sampioene (as jy wil)

Kook hoender, ekstrakblokkie en uie saam tot hoender van been af val. Hou ± 2k sous oor. Braai sampioene in bietjie olie en voeg by hoendermengsel tesame met hoenderroomsop. (Meng dit net so droog (poeier) by. Indien nodig, geur met nog sout en peper.

Voorverhit oond by 180 grade. Verdeel Ready Doe in twee gelyke dele, druk een gedeelte in oondskottel en bak (blind) tot gaar. Voeg dan hoendermengsel by en sit res van deeg oor. Druk vas en smeer met eiergeel en bak vir 30-40 min tot kors bo-op gaar en bruin is.