Melkkos

Vanoggend was daar so ‘n byt in die lug . . . niks wat melkkos nie kon “fix” nie.
melkkos
MELKKOS

Resep is al 30+ jaar in ons familiegebruik.Kook 1 liter melk tot kookpunt. Voeg 1 tlp vanilla essens by.

1 k meel (ek gebruik sommer selfraising flour)
1 tlp mazeina
4 eetl margarien
1/2 tlp sout

Meng meel tot krummels.
Voeg by kookmelk en roer tot dit verdik.
Kook oor stadige hitte vir so 5 minute.
Roer gereeld.
Bendien met suiker en kaneel.

Geniet dit!!

 

Maklike Melktert

melktert
MAKLIKE MELKTERT
Hierdie resep is al vir bykans 30jr in ons familie. Het dit hoeka die naweek gemaak. Jy moet sukkel om dit geklont te kry!! (“,)

1 liter melk
2 tlp vanilla
1 eetl margarien
1 k suiker
Knypie sout

Bring tot kookpunt.

3 eetl mazeina
3 eetl meel
3 eiergele (hou eierwitte eenkant)

Meng en gooi by gekookte melk.
Roer vinnig tot dit dik is, draai plaat stadig.
Klits 3 eierwitte styf en voeg by mengsel. Baie belangrik, dit maak dit vulsel “lig en romerig”.
Skep in voorafgebakte tertdeeg, ek pak sommer tennisbeskuitjies in bak of maak dit fyn, eie keuse en voeg melktertmengsel stadig daarop.
Strooi bietjie kaneel bo-oor.
Sit in yskas om te stol.