Koffie-dinge

                                                    

Net party oggende het ek ‘n groot beker koffie nodig.  Sterk en soet.  Om my bietjie woema vir die dag te gee.  ‘n Maandag is oor die algemeen ‘n uitputtende dag, vol naweekverrassings (en soms verassings – goed wat te laat was om te red) by die werk. 

Hier teen vieruur op ‘n Maandag voel dit asof iemand my wind uitgeslaan het.  Kan ons nie maar stem vir ‘n Maandaglose week nie?

Ek gaan later vandag vir julle interessante inligting deurgee van verskillende koffies en, as ek dit kan regkry, resepte plaas met prentjies .

Ek wil regtig meer hier kuier, ek mis my blad en besef dat ‘n mens moet net eenvoudig tyd maak vir kuier saam met goeie vriende!!

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *