Dis uiteindelik somer!!!

 

 Geniet!

Môre Môre!

Niks wat ‘n dag so lekker opkikker as ‘n koppie koffie vroegoggend nie.  Dit, en die voëls se gekwetter!

Kyk, my brose lyfie is nie gemaak vir die winter nie, altans nie meer nie.    Gisteraand het die wolke (dalk was dit maar net miswolke) dik gehang en dit was koud!!  Ek weier om deesdae warm goed aan te trek.  Dit is asof die winter lekker kry en sommer besluit om nog vir ‘n maand en ‘n aand te bly. 

So, met my vingers gekruis loer ek deur die venster – en die son skyn!!  Ek het ‘n opgewondenheid in my hart, ‘n huppel in my stap en ‘n glimlag op my gesig. 

Die lewe is goed, vanoggend vroeg al twee oproepe gehad.  Vriendin bel en sê op my in-boks wag ‘n verrassing – en wat ‘n verrassing was dit nie!!!  ‘n Geskenkbewys vir ‘n boek – ek voel soos ‘n kind oor Kersfees en weet presies wat ek gaan bestel.  Dankie vriendin – woorde is min maar dankbaarheid groot!  Dink net, Kersfees in November – nou kan die res van die jaar net goed eindig. 

Tweede oproep was my seun wat vir ons kaartjies betaal vir ‘n kuier.  Alhoewel hulle net in Bloemfontein bly, was hierdie jaar net te besig om te gaan kuier. 

Dit laat my net weer besef dat, al gaan dit hoe swaar, daar is ALTYD iets om voor dankbaar te wees!  Besef ek weer dat sonder vriende en familie ‘n mens se lewe eintlik leeg is.  Hoe kry mense dit reg om te sê hulle het nie mense in hul lewe nodig nie??? 

Vanmiddag het ek ‘n scrapklas wat ek aanbied en daar moet nog voorbereiding gedoen word.  So, vir eers groet ek – tot later!!

5 thoughts on “Dis uiteindelik somer!!!

  1. Vriende is kosbaar. As een vriendin vir ‘n ander Kersfees ‘n bietjie vroeër kan bring, is dit so wonderlik. Ek is seker dat die gee baie, baie groter plesier verskaf het as die ontvang. Van die eerste giggel by die beplanning van die geskenk tot die afwagting oor die reaksie by die ontvangs daarvan. ‘n Reis wat ek met die grootste graagte aanpak.

  2. En ek moet omtrent dankie sê – ek is so opgewonde jy kan my hare “tease” – sal jou vertel wat ek gekoop het, maak nog my “mind” op!!!

  3. Ek glimlag alweer. Ek verbeel my hoe jy sal lyk met daardie hoogge”tease”de hare. Ai vriendin, dis ‘n kostelike prentjie. Ek hoor graag waarop het die besluit uiteindelik geval.

  4. Die vreugde van ‘n boek kan ek goed verstaan. Het een hele jaar se seisoene gister beleef: Marcie se bundel het hier in Gatkantland aangekom!! Haar woorde, soos herfsblaartapyt in goud getooi het my meegevoer … soms in trane met haar wintergrou- afgematte, verrinnerweerde sielswoorde en ander kere weer uitbundig die somer se warmte om my voel vou wanneer sy gryp na alles om haar om staande te bly en ‘n liggie te laat skyn! Watter voorreg. Watter seer seer woordfees was dit nie!!

  5. Boeke is sulke lekker geskenke. Bly vir altyd by ‘n mens. Ek het vandag my kabouters se papiertjies geprint wat ek voor in hulle boeke wil plak vir die prysuitdeling. Nog net ‘n week en 2 dae voor D-day.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *