Foto-pretsel No 13

tuin4

Ai ai, as daar een ding is wat ek nie kan hanteer nie is dit mense wat van alles ‘n krisis wil maak, of ‘n drama.  Of sommer net die gewone gang van die lewe wil kompliseer deur derms te ryg, te was en weer te ryg.  Dit raak net te veel.  Soms is dit beter om om te draai of stil te bly en weg te loop.

Ek het eendag aan ons predikant gese ek wens ek kan soms vinniger reageer as iemand my aanval of beledig.  Gewoonlik slaan ek toe (heel verstom) en dan wanneer die persoon weg is en ek tot verhaal kom het ek al die antwoorde.

Sy antwoord was ‘n uitklophou . . . “Onthou Lorraine, jou swakste eienskap is meestal oor jou sterkste eienskap.”  My natuurlik ‘n maand en ‘n aand geneem om dit te snap.

Ek stem nou saam met hom.  Soms is dit beter om stil te bly. As ek ook in ‘n woorde-oorlog betrokke wil raak gaan dit ‘n groter probleem veroorsaak.  Nie dat ek mense toelaat om oor my te loop nie, maar dit gee my tyd om my woorde beter te kies.  Teen daardie tyd het die persoon dalk alreeds spyt gekry.

Ons is geneig om die lewe te wil kompliseer . . . en eintlik is dit doodeenvoudig.

©

3 thoughts on “Foto-pretsel No 13

  1. Hoe waar is dit nie Lorraine, ons is te geneig om die lewe te wil kompliseer. Wonderlik om weer deur jou lyne te dwaal met ‘n koppie boeretroos in die hand. Vir myself gese, ek gaan elke dag by een van jou woorddisse kom aansit. So stelselmatig net heerlik kuier en dagse!

  2. Raai wat, ek het presies dieselfde probleem! Ek besef ook nou dat dit beter is. Baie waar en baie treffende boodskap. Lekker dag ek sal weer kom inloer!

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *