Outydse gemmerbier

 

 

Ideaal vir die warm(ste) somerdae wat ons in jare beleef !!

GEMMERBIER

 Hierdie resep is al vanaf 1975 in gebruik in ons familie.  En nog altyd ‘n wenner in die somer.  Maklik en goedkoop om te maak. Proe net soos ouma s’n maar sonder die baie werk. 

17 liter water                                                

2,5kg suiker

3 eetl fyn gemmer                                       

1 eetl droë gis (korrels)

1 – 2 handevol (pit)rosyne

 

Gooi alles bymekaar in 20 liter emmer met deksel.  Roer tot suiker opgelos is.  Sit deksel op.  Laat staan oornag.  Rosyne moet bo-op dryf – dan is dit reg!).  Gooi in bottels, MOENIE BOTTELS SE PROPPE TE STYF OPDRAAI NIE!!!!!

Maak 18 liter gemmerbier.

55 thoughts on “Outydse gemmerbier

  1. Hoe lekker lag ek nou – sien al hoe maak die rosyntjies nes in julle hare terwyl die gemmerbier van julle ore afloop. Ek dink nie dit sal ‘n groot probleem wees nie, tensy julle trippie meestal uit ‘n 4X4 roete gaan bestaan nie. As ek mag vra, hoekom maak jy dit nie eerder op die plaas nie? Twee dae maksimum en dit proe lekker van dag een af.

    Net om veilig te wees! 🙂

  2. Is die resep veilig vir kinders ook…ek wil net duidelikheid he…is mos nie die skelm een nie neh, want ek sien daar is gis in…

  3. Hi jou resep lyk heerlik, kan ek net eers die helfte maak.? En hoeveel vra mens vir n botteltjie Suid-Afrikaaners trots, ons is tans in Mauritius en ek wil dit maak en verkoop. Nou wil ek dit eers self geniet later verkoop, die mense hier ken dit glad nie en baie van ons Suid-Afrikaanse lekker nye nie wat ek nou al sover gemaak het en verkoop het. Baie dankie vir die deel van jou resep

  4. Baie dankie hierdie resep is fantasmagories lekker.
    ek het myne net vir drie dae laat staan en toe gebottel en weer n ruk laat staan dit het die ding gedoen.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *