Ideaal vir die warm(ste) somerdae wat ons in jare beleef !!
GEMMERBIER
Hierdie resep is al vanaf 1975 in gebruik in ons familie. En nog altyd ‘n wenner in die somer. Maklik en goedkoop om te maak. Proe net soos ouma s’n maar sonder die baie werk.
17 liter water
2,5kg suiker
3 eetl fyn gemmer
1 eetl droë gis (korrels)
1 – 2 handevol (pit)rosyne
Gooi alles bymekaar in 20 liter emmer met deksel. Roer tot suiker opgelos is. Sit deksel op. Laat staan oornag. Rosyne moet bo-op dryf – dan is dit reg!). Gooi in bottels, MOENIE BOTTELS SE PROPPE TE STYF OPDRAAI NIE!!!!!
Maak 18 liter gemmerbier.