Outydse gemmerbier

 

 

Ideaal vir die warm(ste) somerdae wat ons in jare beleef !!

GEMMERBIER

 Hierdie resep is al vanaf 1975 in gebruik in ons familie.  En nog altyd ‘n wenner in die somer.  Maklik en goedkoop om te maak. Proe net soos ouma s’n maar sonder die baie werk. 

17 liter water                                                

2,5kg suiker

3 eetl fyn gemmer                                       

1 eetl droë gis (korrels)

1 – 2 handevol (pit)rosyne

 

Gooi alles bymekaar in 20 liter emmer met deksel.  Roer tot suiker opgelos is.  Sit deksel op.  Laat staan oornag.  Rosyne moet bo-op dryf – dan is dit reg!).  Gooi in bottels, MOENIE BOTTELS SE PROPPE TE STYF OPDRAAI NIE!!!!!

Maak 18 liter gemmerbier.

55 thoughts on “Outydse gemmerbier

  1. Baie dankie!
    Gaan hom probeer, want my resep het ek jare gelede “verloor” en jou resep lyk vir my na kortpad!
    Gesondheid/Cheers of wat mens ookal sê as jy jou glas gemmerbier lig!

  2. Maree, ek belowe jou – dis regtig lekker. Ek soek altyd kortpaaie met langpadresultate en die een is ‘n wenner. Geniet dit!!!

  3. Wat gebeur met die bottels as proppe te styf is. Ek het glas wynbottels met draai proppe. Moet ek liewer kurkproppe opsit?

  4. Sonia, ek is maar ‘n skrikkerige mens. Ek gebruik sommer 2liter plastiese koeldrankbottels en draai die prop op maar nie styf nie. Dit moet darem nog so bietjie kan asemhaal. In die oggende dan maak ek bottel oop om ekstra gas te ontlaai en draai dan weer die prop op. Maar eending gaan ek vir jou se, dit is HEERLIK!!!

  5. Hi Wilma, ek maak my mengsel aan in die oggend en die volgende oggend gooi ek dit in die bottels. Ek sit sommer so 1-2 opgeswelde rosyntjies ook in die bottels. Sodra dit koud is kan jy maar drink!!! Geniet dit!!

  6. Ek sien dat jy dit maak sonder tartaric acid en cream of tartar. Is dit ‘n probleem? Dit sal wel nie ‘te sien aan die mooi reaksies.

  7. Hi, jy is reg, ek maak dit sonder die wynsteensuur en kremetart. Ek het net gou weer die oorspronklike resep gaan opsoek maar dit is reg so.

    Dankie vir jou kuiertjie hier!!

  8. Die resep is fantasties, ek maak dit en verkoop dit vir ekstra geld. Dis goedkoop, maklik, vinnig en baie lekker! Baie dankie

  9. Baie dankie vir die resep. Ek het gesukkel om ‘n lekker resep te kry. Ek het dit gemaak en dit proe asemrowend, nes ouma se gemmerbier.

  10. Ek is so bly, mense is altyd so skepties omdat dit so min bestanddele bevat maar ek stem saam . . . dit proe REGTIG net soos ouma se gemmerbier. Dankie dat jy laat weet het!!

    En drink ‘n glasie op my!! 😉

  11. Aitsa . . . ek is so bly vir jou!! Stuur my ‘n foto sodat ek kan sien hoe lyk jou gebottelde produk.

    Hoop dit bring klomp geld in! 🙂

  12. baie dankie gaan dit regtig probeer. ek wil dit in my winkel aanhou want ek kry navrae oor tuisgemaakte gemmerbier.kyk graag na website asb
    dankie
    otto

  13. Ek bly in Saud en hier is net vars gemmer eb blokkies gis te vinde. Laat weet asb?
    Grootste Groetstenis

  14. Goeie more
    Baie baie dankie vir die resep. Ek het 2 groot funksies een week uitmekaar wat oppad is. Die tema is Proudly South African en beplan om Gemmerbier as verwelkomings drankie te bedien. Dit moet klaar gebottel wees (amper iets soos ‘n verwelkomings geskenk).
    Kan iemand asb vir my se hoe lank voor die tyd kan ek die gemmerbier maak en bottle. Dis 540 botteltjies so sal beslis voor die tyd moet bottle.
    Baie dankie.

  15. Baie dankie dat jy jou resep gedeel het. My ma het dit altyd gemaak. Sy is baie skielik oorlede in Desember, en ek het nooit haar reseppie afgeskryf nie en kon dit ook nerens tussen haar papierwerkies kry nie. Ek het geweet as ek die sien sal ek weet die die regte een en toe kom ek op joune af……..Nou kan ek dit maak en my broers verras as ons weer saam kuier en n glasie koue gemmerbier op ons ma “Lorraine” drink. Baie dankie

  16. Ek stem, dit bly maar die lekkerste lekker gemmerbier onder die Afrika son! En nog lekkerder om dit te kan deel!

    Geniet dit!

  17. Jong Lizelle, ons maak en drink op! Met twee groot uitgegroeide seuns (nou al uit die huis uit) was daar bitter min wat ek lank voor tyd gemaak het en wat lank gehou het nadat ek dit gemaak het. Ek sou se so ‘n week na 10 dae dalk? Sterkte met jou projek. Kom wys vir ons jou fotos.

  18. Hi Lorraine
    Thanks for the recipe. 
    We live here in Australia for the last 10 years and forgot how to make it.  My dear wife was reading her old cookbook and decided to go for a recipe in her magic book, the grey water coming from that was horrific to say the least.  Not even the Aussies wanted to drink the stuff. I knew it was not right and searched the internet, then i found your recipe. Im now making it  in all different ways and found that you can get drunk on this stuff if you ad another 2 kg of sugar and double the yeast then  leave in room temperature for about 3 days  before bottling it and refrigerating it, once nice and  cold  you can tighten those caps to keep the stuff in. It brews up to about 65% Alcohol and will put ya on a trip very quickly.  Now i don’t have to buy Whiskey anymore, and always keep an extra strong bottle handy for those unwanted guests. Cheers. 

  19. My ma het altyd geglo dat jy dit in die son moet laat staan of iewers waar dit warm is. Maak dit enige verskil?

  20. Lorraine, is die droë gis hierbo = instant yeast, wat mens in 10g pakkies koop? Ek het net 4 liter gemaak en al die mates aangepas…maar na 24uur is daar nog min gas in, al dryf d rosyntjies wel bo-op. (dalk moes ek nie die gis verminder het nie??) Sal dit sterker word as ek dit nou in d yskas sit, of liewer nog buite laat staan?

  21. Ek neem aan mens gebruik gedroogde gemmer? Hier is vars gemmer ook. Weet iemand of dit ook werk? Indien ja, hoeveel vat mens dan?

  22. Heya. Kan die gebottelde produk maar buite die yskas bly of in die emmer? Ontwikkel dit eventueel bietjie skop? Ek bly in saudi Arabië en iets met skop kan half welkom wees…..

  23. Ek vervang 500ml van die suiker met 500ml heuning. Dit gee ‘n ekstra lekker geur. 10 Naeltjies bygevoeg gee ook ‘n ekstra geur. Vars gemmer is beter omdat dit nie heeltemal so baie brand nie. Kook 10 liter van die water met die heuning en suiker en meng dan met die res van die bestandele. Die maak die proses baie vinniger.

  24. Dit gee lekker skop. Veral na ‘n paar dae. My huishulp het geweier om haar lippe daaraan te sit. Het geglo daar is alkohol in. Maar ek het ‘n swaar hand as dit by die rosyne kom. Laat weet hoor!

  25. Jip, gewone kraanwater. Maar as jou water vuil is, probeer dan maar eerder bottel water. Still.

  26. Sorry I respond only now. South Africa is a busy place these days with all the things going on. My brother-in-law and his family is also in Australia – Palmerston (not sure of spelling) in the northern territory.

    Have a wonderful day. And yes, keep that bottle of ginger whiskey ready. One day I will come and visit. 🙂

  27. Ek het soortgelyke resep en wil graag by jou hoor as ek wil verkoop of ek enige preserveermiddels moet byvoeg om dit langer te laat hou. Ek wil graag plastiese botteltjies gebruik met opskroefproppe. Hoe lank sal dit hou en wat is die moontlikheid van ontplof? Moet dit in yskas grhou word of koel plek? Hoor graag van jou.

  28. Hi, ek is nie seker nie maar ek twyfel amper. Jy kan dalk by ‘n koskundige aanklop. Ek sou jou graag wou help, maar met my twee groot seuns in die huis het dit nog nooit kans gekry om “langer te hou nie”. Sal graag wil hoor as jy by iemand advies kry. Mooi loop!

  29. Sommer koue water. Met ons watertoestande sal ek eerder bottelwater gebruik. Of eers water kook en laat afkoel.

  30. Ek het 4L probeer maak en dit gis en het gas as ek die bottel oopdraai, maar het nie baie gas as jy dit drink nie en is nog baie soet. Moet dit nog gelos word om verder te gis? Ek het dit vir 24 uur gelos.

  31. Ek het dit vir 24 uur gelos en daar is gas as jy die bottel oopdraai maar dit proe nie asof dit baie gas in het nie en is ook baie soet. Moet ek dit nog los om verder te gis?

  32. Hi, klink lekker en maklik genoeg.
    Moet mens so baie op een slag maak, of kan ek dit verminder met die helfte?

  33. Hi ek is nou besg om die gemmer te maak. Dit proe bietjie vlou of is dit hoe dit proe in die begin?

  34. Hi Julle , ek wil dit maak vir Kersdag saam met die kinders op die plaas in die Vrystaat maar ek woon in Gauteng , kan ek met dit ry ? ek is bang dit ontplof in die motor !!!

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *