Winter is hier!!

Jinne, ek wil dit nie eintlik hoor nie.  Nog minder wil ek dit voel.  Maar vrede moet ek maar maak met die koue.  Winter is hier.  Die laaste week getuig daarvan.  My hande wil afvries, my vel lyk en voel soos ‘n stuk leer wat hopeloos te lank in die wind en weer gelê het en ek peusel vandat ek my oë oopmaak in die oggende.

Dis lae op lae klere aantrek, die wasgoed is baie en dit wil nie droog nie en dit voel my my knieë is besig om in te gee.  Om oud te wees (by die koue) is nie vir sissies nie.

Ek dink aan bredies, gebakte poedings, biltong, port en kaggelvure.  Snoesige sag komberse, dik woltruie, wollerige pantoffels en groot bekers warm sjokolade . . . die lys kan vir kilometers aangaan.

Ongelukkig is ek nie ryk nie – moet ek werk en het die lewe min simpatie met my of ek koud of warm kry.  Soos die bekendes sê . . . the show must go on!!!

Lekker dag vir julle almal!!

Foto : Internet

3 thoughts on “Winter is hier!!

  1. Hou moed, eet warm boontjiesop, drink ‘n sjerrietjie, trek ‘n handskoen en ‘n serp nader….en voor jy jou oge uitvee is die lente weer op jou voorstoep!

  2. Ek beaam wat Elizabeth sê Lorraine, maar wil net die kniekombersie bylas! Kannie sonder myne klaarkom nie! Lekker dag vir jou ook!

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *