Foto-Pretsel 12

Is verbasend hoe partymense met so ‘n “moeggebore” uitdrukking op hulle gesigte rondloop.  Die lewe is net eenvoudig te veel.  Hulle kan nie meer so voortgaan nie, die lewe is een pynigende hel op aarde.

En nee, ek praat nie oor mense wat werklike truamas moes deurgaan nie, of terminaal siek is, of dierbares aan die dood moes afstaan of weens die resessie al hul besittings en drome verloor het nie.

Ek praat van mense wat sonder rede kla, sonder rede kortaf (lees ongemanierd) is, wat mense as ‘n reël afjak, verneder en verkleineer.  Wat met alles ontevrede is, wat niks mooi en goeds in ander of in die lewe raaksien nie.

Geen wonder hulle is sielsmoeg in die aand nie.  Dit sal my ook tap van energie en positiwiteit.

2 thoughts on “Foto-Pretsel 12

  1. En ek het ‘n broertjie dood aan mense wat dink die wereld skuld hulle. Alles en almal is teen hulle en hulle kan nie verstaan hoekom hulle so swaar kry nie. As ek die vraag hoor: “Hoekom ek?” kry ek sommer ‘n aanval. My teenvraag is: “Hoekom NIE jy nie? Sou jy verkies om agteroor te sit en kyk dat iemand anders dan maar jou probleem het? Sal jy dan beter voel?”

    Die lewe en die wereld skuld ons niks. Die spreekwoord se mos ons word aan ons vriende geken, maar ek dink dis ‘n geval dan ons geken word aan die manier wat ons ons probleme hanteer. Ek probeer so ver moontlik mense met sulke hanggesigte vermy. Ek het genoeg van my eie probleme wat ek probeer hanteer sonder dat ander mense dit sien, en het nie hulle s’n ook nog nodig nie.

  2. My nuwejaarsvoorneme was om negatiewe mense uit my lewe te sny.Hul tap jou energie en los jou so pap soos n lee papsak. Lorraine daar is so baie mense wat seer het en siek is maar hul gaan aan met die lewe ,mens kan rou en treur maar iewers moet jy weer die stukke bymekaar maak Mense wat ry op n verleis en ander se lewens omver gooi is ook nie reg Dit beten nie ek het nie simpatie met iemand wat werklik seer het nie. Sorry het nou poas n jaar van iemand probeer opbeur Ek is nou klaar

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *