Bygelowe . . .

 

 

Oe-heh-eh . . . ek wonder hoeveel mense het vandag by die huis gebly of selfs in die bed gebly omdat hulle bang was iets slegs gaan vandag gebeur?

Ek wou ook nogal daardie truuk doen. Bel my baas en seg hom ek gaan g’n nêrens vandag nie.  Bang die onheil gaan my tref. Toe het hy te vertelle dat as ek nie 08h00 by die werk is nie gaan die onheil my in elkgeval tref want hy gaan my op die plek “FIRE”.  Ook geen sin vir onheile nie. 

Nou ja, toe pak ek maar vir handsakkie en start vir karretjie en gaan werk toe maar.  Nie dat ek enigsins bygelowig is nie, maar ek het so uitgesien na ‘n lang naweek.  (“,)  Kersfees is nog ver!!

Alle grappies op ‘n stokkie.  Dit het my nooit gepla as die 13de op ‘n Vrydag val nie.  Ek dink wel daaraan (moeilik om dit te igoreer as almal heeldag daarvan praat) maar nie met ‘n beklemming om die hart nie.  As (die onheil) wil kom, dan sal hy.

En laat ek dit dan ook maar terselfdertyd erken.  Ons kan so maklik bygelowig raak.  Oor klein goedjies wat ons nie eers altyd agterkom nie.  Ek onthou op hoërskool het ek ‘n paar oorbelletjies (kruisies) gedra en elke keer wat ek dit aangesit het, het dit vir my gevoel dinge loop net reg.  In so ‘n mate dat ek later nie meer ander oorbelle wou dra nie.

Ek moes myself dwing om anders te dink daaroor.  Gelukkig was ek nog jonk en baie modebewus en het die ewigdurende veranderde modes my gelukkig gedwing om ‘n nuwe paar te kry.

Watter “klein” bygelofies het jy wat jy met ons wil deel?  Ek sit solank die ketel aan . . . of verkies jy ietsie sterkers terwyl ons oor hierdie prettige onderwerp gesels?

5 thoughts on “Bygelowe . . .

  1. Ek het nie bygelowe nie, maar vind dit interessant hoe mense dit besweer. In Griekeland is die mense nog baie bygelowig. Die “bose oog” wat mense op jou gooi speel ‘n groot rol. En om dit af te weer is daar menige rate. Daar is ‘n hele ritueel om ontslae te raak van die gevolge van die “bose oog”. Ek ken dit nie meer presies nie maar dis iets soos: ‘n Persoon met die gawe om dit te doen, steek ‘n kers aan, loop 3 maal om die tafel terwyl hulle iets prewel of sing en dan is die probleem (soos kopseer) weg. En dan is daar die feit dat deur wat jy se, jy die slegte dinge aantrek, bv. as jy praat oor ‘n ongeluk, trek hul hulle hemp, trui, of wat ookal, weg hier om die nek en dan moet hul 3 maal daarin spoeg. Elke keer as hulle by ‘n kerk verbybeweeg, maak hul die kruis 3 maal oor die bors. Dit is nogal iets om te sien as hulle op ‘n motorfiets is wat gelaai is met pa, ma en 3 kinders, almal sonder valhelms. Ek het hulle sosaties gedoop. En die heel bygelowiges, maak die kruis drie maal elke keer as hulle by hul voordeur uitloop en weer terugkom. Julle sal verstaan dat hul regterarms goed ontwikkeld is.

  2. Genade . . . en ek dog ek is bygelowig (so min as wat dit is). Ek kan nog alles hanteer . . . maar die spoegery. My geluk is dat ek voor 10uur in die oggend papnat is . . . en dooddors van al die spoegery!!!

  3. Elzet, welkom hier . . . lekker om met jou hier te chat. Ek dink ons almal het sulke klein gewoontetjies wat seker maar ook kan klassifiseer as bygelofies.

  4. Lekker gelees, jy het so mooi gevra op fb!! Ek kan nie dink aan bygelowe wat ek het nie of waaraan ek glo nie, maar onthou op skool het ons mos nogal geglo dat as ‘n sekere onnie ‘n blou/rooi/watter kleur rok of das aangehad het op ‘n spesifieke dag, dan is daar groot MOEILIKHEID!! 😉

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *