7 thoughts on “Visitekaartjies . . .

  1. Ek dink “die lewe is ‘n lied” is die perfekte slogan. Dit sluit dan mos nou beide vrolike en hartseer liedjies in. Dans musiek en musiek vir meditasie. 🙂

  2. Dit is verbasend hoe ons identiteit vasgestel word deur waar ons werk (Boekhouer, argitek), maklik om DIT dan op ‘n kaartjie te sit. Maar wat is ons WARE identiteit? Moet dit ‘kunstenaar’ wees, of ‘Ma van twee’, of ‘eggenote van…’? Ek dink dié dinge wat ons onself aanmatig is wat tel, hoekom moet ons presies in die boks sit wat ander vir ons opgestel het? Kom ons ‘rock’ die ‘boat’ en verbaas almal en sit wel “vriendin en luisteraar”! Pragtig uiteengesit, het dit waarlik geniet! Dit is iets waarmee baie van ons sukkel – ‘wie is ek eintlik’?

  3. Is ons nie geneig om (onwetend) te wees wat ander wil he ons moet wees nie? Vir verskeie redes . . . om aanvaar te word, om vrede te bewaar, om van jou eie swakbeeld ontslae te raak . . . .

  4. Heerlike leesstof soos jy maar altyd kan!! En ja, ek stem saam, die lewe IS ‘n lied! Soms ken ons nie die wysie nie, maar meestal wel!

  5. Nandi, ek stem saam. Al sing ek vals bly die lied van die lewe nog altyd mooi. En vir mooi musiek het mens in elkgeval net ‘n oop hart en goeie ore nodig!! (“,)

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *