Ek en die resessie

Hermanus (2)

Wat ‘n jaar!  Ek het sopas met my blog begin toe die resessie ons tref.  En ek het soveel drome gehad  oor my blog.  Vir 36 jaar het ons (eintlik manlief) altyd werk gehad.  Hy is in die boubedryf.  En vir die eerste keer in 36jr was alles DOODSTIL by ons.

Dit was sommer net ‘n slegte jaar.  ‘n Ou se spaargeldjies hou ook mos maar net so lank.  Ons het gesnoei en gesny en geknip waar ons kon.  Dish, internetgeriewe, uiteet, rondrits – alles.  En so het my blog in die slag gebly.  En ek MOET skryf.  Anders dood ek.

Dinge het nog nie intussen veel verander nie, of dalk is ek maar net gewoond daaraan.  Die boubedryf is gewoonlik een van die wat eerste val en laaste herstel.  Ons bid dat 2010 vir ons oplossings en uitkomste gaan bring.

Ek het op die oomblik bietjie toegang tot internet geriewe, help tydelik uit by ‘n vriendin – en sy het toestemming gegee dat ek op die internet kan gaan wanneer ek wil.  Dierbaar!  En dit is so lekker om weer te kan skryf.

Kom vertel hoe die resessie jou geraak het.  Of nie geraak het nie.  Een troos wat ek het, is dat ons nie die enigstes was nie.  Op die oomblik antwoord ek nie die voordeur nie, weet nie of dit dalk die balju is nie.  Tsk, kan ook nie my humor verloor nie, anders het ek alles verloor.

Mooi dag vir julle!

5 thoughts on “Ek en die resessie

  1. Bly lag vriendin, bly loof vir dit wat jy steeds het, weet agter alles is n Hand en n Wil vir jou lewe wat alles weet, alles beplan en aan die einde van die dag word ons gelouter en beproef deur swaarkry. Hierdie loutering reinig ons en laat Sy Lig binne ons sigbaar raak as ons gehoorsaam is. Ek het geleer, omhels die swaarkry, die sukkel, die wanhoop, die bekommernis, die pyn, loof Hom en se dankie daarvoor en leer daaruit, die beloning is groot. Onthou net wanneer ons, op ons swakste is is Hy juis op Sy strekste binne ons, staan vas, een van die dae word die swaarkry n getuienis vir Hom, shalom..m

  2. Hi daar

    Ons is n Suid Afrikaanse gesin wat in Kuwait in die midde Ooste bly, vandag het ek jou web werf raakgeloop in die soektog na iets interesant. Ek mis koffie saammet my vriende geweldig. Miskien kan ons n paar idees rondskommel oor hoe om deur die resessie te kom. Julle klink na n amazing gesin.
    Yvonne

  3. Hi Yvonne
    Welkom, welkom op Koffie-Klets!! Lekker om jou hier te he, soveel nuwe positiewe dinge het intussen met ons gebeur. Nog nie 100% beter nie, maar die toekoms lyk al beter!! Natuurlik moet ons vroue mekaar help met die resessie, al is dit dan net ‘n skouer en ‘n drukkie. Laat weet vir jou vriendinne om saam hier te kom kuier. Ons onderskat soms die krag van ‘n vrou!!

  4. Ek is so bly ek het jou hier gekry, wat ‘n heerlike leesfees is elke bladsy van jou blog tog nie!

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *