Is die kool regtig die sous werd . . .

Besef ek mos vandag dat die kool eintlik maar die weeskind, die weggooikind van groente is. Kool is negatief. Niemand (of min mense) hou van kool. Grootmense maak kinders bang met kool. “As jy nie jou kool opeet nie, kry jy nie poeding nie!” . “Snob-groente” (olywe, peppadews, sampioene ens) kyk neer op kool. “Wie wil nou saam met die kool gesien word? Wie… bedien dan nou kool saam met quisine kos? Stel jou voor – kool saam met die Kersete?”

Kool is “cheap”! Kyk maar in enige hamper (veral waar armoede heers) word kool gebruik om die vuller te wees. Kool is ‘n skelwoord. Daar word gepraat van “koolkoppe”. Kool is ‘n beledigende woord. “Die kool is die sous nie werd nie.”

Die arme kool. Ek lief kool. Koolbredie (soos my man dit maak), koolfrikkadelle, gebake kool, koolslaai en sommer net gewone fyn kool bly vir my een van die lekkerste groente.

Is jy lief vir kool? Hoe maak jy jou kool gaar? Deel bietjie jou resep (al dink jy dit is maar net doodgewoon) met ons.

10 thoughts on “Is die kool regtig die sous werd . . .

  1. My bediende Esther het my jare terug geleer hoe om kool ordentlik gaar te maak. Van toe af, eet ons fynkool net op hierdie manier. Heerlik!!! Uit die heupe uit!!

    ESTHER SE GEBRAAIDE KOOL

    3 koppies fyngesnyde kool
    1 groot uie fyngekap
    3 groterige aartappels
    margarien om te braai

    Skil en kook aartappels met sout tot gaar. Gooi water af en “mash” aartappels fyn. Moenie botter of melk bygooi nie.

    Smelt bietjie botter in ‘n pan en braai die uie en kool in die botter tot ligbruin. Skep uit en sit eenkant. Ek braai elke keer ‘n klein bietjie uie met ‘n koppie kool tot alles gaar en ligbruin is. Meng nou die gaar kool/uie met die mash. Roer goed deur en voeg nog sout en peper by na smaak.

  2. Lekker om jou hier te hĂȘ!!! Ek dink ook nogal so. Wil jy nie bietjie jou variasie van kool ook hier kom plaas nie.

  3. Praat jy . . . en raai wat kook ek vir vanaand . . . heerlike koolbredie. Al daai koolresepte is genoeg om mens honger te maak!!

  4. Braai ui en Knoffel in botter en olyf olie. Kap die kool in klein stukkies. Gooi in en braai so bietjie todat dit bietjie bruinerig is. Rasper n groot appel in. Sout. Laat saggies prut.

  5. Klink heerlik . . . gaan dit defnitief probeer. Ek is nie lief vir appels nie, behalwe appeltert . . . enigetyd. En saam met die kool klink heerlik!! Dankie vir die idee!!!

  6. ..Ag dankie vir die idees!! Ek eet van kleins af kool, het my kind geleer kool eet EN kook! Daar is niks lekkerder nie! Ek gaan vanaand die gebraaide kool met appel in maak saam met frikadelle en mash!

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *