Melkkos

Vanoggend was daar so ‘n byt in die lug . . . niks wat melkkos nie kon “fix” nie.
melkkos
MELKKOS

Resep is al 30+ jaar in ons familiegebruik.Kook 1 liter melk tot kookpunt. Voeg 1 tlp vanilla essens by.

1 k meel (ek gebruik sommer selfraising flour)
1 tlp mazeina
4 eetl margarien
1/2 tlp sout

Meng meel tot krummels.
Voeg by kookmelk en roer tot dit verdik.
Kook oor stadige hitte vir so 5 minute.
Roer gereeld.
Bendien met suiker en kaneel.

Geniet dit!!

 

Kruiebakkies . . . . net reg om te gebruik!

Watter oulike plan!!  Koop/pluk kruie wanneer dit volop is.  Snipper fyn en meng (as jy wil met ander kruie) en plaas is ysbakkies.  Vul met olyfolie of gesmelte botter.  Plaas terug in yskas en vries. Haal uit en gebruik soos nodig.  Die botter-een kan nogal lekker werk op aartappels, vis of steak.  Geniet!!

Ooh heh-eh

1148456960b4vQ9R[1]Ek is mal oor die “two tenners” advertensie. Op hierdie stadium dink ek (persoonlike opinie) die advertensies op televisie is baie beter as die meeste programme.

So ‘n rukkie terug was die een van die wit gesin wat vir jare lank in ‘n bunker gebly het (en baked beans geeet het) ook klassiek.  So ‘n jaar of drie terug was dit die Wimpy se koffie-advertensie vir my tops.  Wie onthou nog die verliefde paartjie en die koffiename? Die beste was haar woorde aan die einde “Oooo ???, I love it when you talk foreign.” 

Wie (gee ek my ouderdom weg) kan nog die Sanlam-advertensies onthou met die babas? Dit was ‘n groot wenner.   Onwillekeurig dink ek terug aan die “braaivleis, sonskyn en Chevrolet” advertensie.  Onlangs kom ek af op ‘n advertensie in ‘n stokou koerant van KFC.  ‘n “Family Bucket” het iets soos R6.88 gekos.  Een stukkie hoender ongeveer 25c.

Toe ek ‘n kind was, het bruin brood 7c en ‘n wit brood 9c gekos.  Melk was 11c ‘n liter.  Ons skoolgeld (per kwartaal) R2.  ‘n Treinkaarjie retoer (Kaap toe en terug) R11. Jy kon 20 Chappies koop vir 5c, viennas en chips 15c en kon gaan fliek (en heelagter saam met die rokers sit) vir 15c.

My eerste (2de handse) karretjie het ek vir R100 gekoop, R3 se petrol ingegooi en die hele maand daarmee rondgerits.  Skaap het R2.10 p/kg gekos.  Woonstelhuur R250.  Goeie ou dae.

Botter het nog soos botter geproe en brood by die bakkery op die hoek gekoop en melk in glasbottels by die melkery met koepons.  In vandag se tye word limonade met kunsmatige geurmiddels gemaak en meubelpolitoer met 100% suiwer suurlemoensap. Vreemd!

Ek kan vir ure aangaan.  Raak sommer nostalgies.  Verlang na die dae toe ons op ‘n kombers gele het en die sterre bekyk (daar was toe nog nie televisie nie).  Lekker oor die draad met die bure gekuier, vandag weet ek nie eers wie is my bure nie.

Tye het verander.  Baie nuwe dinge het op die mark verskyn.  Sommige goed ander minder goed . . . en die mens pas maar aan.

Ek is baie beindruk met al die nuwe tegnologie op die mark wat gedurig geadverteer word.  Wonder net soms of ons in die proses nie van ons menswees verloor het nie?  Maar nou ja, as daar nie internet en webtuistes, blogs en rekenaars was nie sou ek nou nie so lekker op die naat van my rug kon le en gesels nie!!