. . . vier ons alweer Kersfees . . . om presies te wees . . . more oor 11 maande. Skrikwekkend ne. Hoe lyk jou lysie? Soos die een?
Die enigste nuwejaarsvoorneme wat ek het wat altyd werk is om nie nuwejaarsvoorneme te he nie.
If you love chocolate, you’ll love these chocolate chocolate muffins. We make them with cocoa powder and semi-sweet chocolate chips, so they’ll satisfy even the most serious chocoholics.
The key to these chocolate muffins is, after we fold the chocolate chips into the batter and fill up the muffin pan, we sprinkle additional chocolate chips on top before baking.
Makes 12 to 18 chocolate chocolate muffins.
Hierdie klink nou na ‘n “warm” idee . . .
‘n Lekker alternatief vir daardie “vervelige en voorstedelike” koek-en-tee verjaarsdagpartytjie vir jou vriendinne. Dalk met ‘n druppel of tien likeurtjie by. Ook ideaal vir ‘n tienerdogter se partyjie!! Natuurlik sonder die druppel of tien likeurtjie . . .
Nou dat ek daaraan dink . . . ideaal vir Kersfees-nagereg . . .
Watter oulike plan!! Koop/pluk kruie wanneer dit volop is. Snipper fyn en meng (as jy wil met ander kruie) en plaas is ysbakkies. Vul met olyfolie of gesmelte botter. Plaas terug in yskas en vries. Haal uit en gebruik soos nodig. Die botter-een kan nogal lekker werk op aartappels, vis of steak. Geniet!!
Ideaal vir die warm(ste) somerdae wat ons in jare beleef !!
GEMMERBIER
Hierdie resep is al vanaf 1975 in gebruik in ons familie. En nog altyd ‘n wenner in die somer. Maklik en goedkoop om te maak. Proe net soos ouma s’n maar sonder die baie werk.
17 liter water
2,5kg suiker
3 eetl fyn gemmer
1 eetl droë gis (korrels)
1 – 2 handevol (pit)rosyne
Gooi alles bymekaar in 20 liter emmer met deksel. Roer tot suiker opgelos is. Sit deksel op. Laat staan oornag. Rosyne moet bo-op dryf – dan is dit reg!). Gooi in bottels, MOENIE BOTTELS SE PROPPE TE STYF OPDRAAI NIE!!!!!
Maak 18 liter gemmerbier.
Besef ek mos vandag dat die kool eintlik maar die weeskind, die weggooikind van groente is. Kool is negatief. Niemand (of min mense) hou van kool. Grootmense maak kinders bang met kool. “As jy nie jou kool opeet nie, kry jy nie poeding nie!” . “Snob-groente” (olywe, peppadews, sampioene ens) kyk neer op kool. “Wie wil nou saam met die kool gesien word? Wie… bedien dan nou kool saam met quisine kos? Stel jou voor – kool saam met die Kersete?”
Kool is “cheap”! Kyk maar in enige hamper (veral waar armoede heers) word kool gebruik om die vuller te wees. Kool is ‘n skelwoord. Daar word gepraat van “koolkoppe”. Kool is ‘n beledigende woord. “Die kool is die sous nie werd nie.”
Die arme kool. Ek lief kool. Koolbredie (soos my man dit maak), koolfrikkadelle, gebake kool, koolslaai en sommer net gewone fyn kool bly vir my een van die lekkerste groente.
Is jy lief vir kool? Hoe maak jy jou kool gaar? Deel bietjie jou resep (al dink jy dit is maar net doodgewoon) met ons.