owat
Altyd lekker om iets tuisgebak voort te sit. Kyk net hoe vlam ons winkeldeeg op!
Monthly Archives: September 2014
Foto-Pretsel 21
Dit het ek die afgelope week weer beleef. Nood is ‘n goeie sif . . . skei die mooiweersvriende van die daadwerklike vriende. Dankbaar dat daar sulkes is.
Aan julle . . . julle weet wie julle is . . . woorde is min, maar ons harte loop oor.
Foto-Pretsel 20
Dis nie altyd so maklik nie. Die mens se natuur wil hoofrol speel. As ons te nagekom word, wil ons terugveg. Soms is ons vinniger met die mond as met die verstand.
Ek is gewoonlik heeltemal verstom wanneer iemand my verbaal aanval, veral as ek heeltemal onskuldig is. Ek bly stil. Nie uit eie keuse nie, ek is letterlik stom want op daardie oomblik gaan daar honderd dinge tegelyk deur my kop. Agterna dan dink ek, ek was dom, ek moes dit vir haar/hom gese het of ek moes dit gedoen het. Maar altyd te laat met die goeie raad aan myself.
Eendag noem ek dit aan ‘n vriend (was ons predikant) dat ek soms wens ek kan dadelik terugbaklei want die ander persoon dink hy/sy het die oorhand. Se hy vir my toe die volgende. “Onthou, jou swakste eienskap is gewoonlik ook jou sterktste eienskap”. Het my ‘n rukkie geneem om dit heeltemal te begryp. Maar dit is waar. As ek moes onmiddellik terugbaklei het, sou die situasies seker heelwat slegter afgeloop het.
Ek gaan nie jok nie, maar soms, net soms wens ek ek was bietjie vinniger . . . .
Kos vir my honger siel . . .
Foto-Pretsel 19
Een of die ander . . .
Foto-Pretsel Nr 18
Daar is darem min dinge wat my gemoed so goed doen soos ‘n reenbui. Wanneer die groot druppels plons op my stoep se sinkdak en die donderweer rammel in die verte en ek ruik die dankbaarheid van die aarde in die reuk van die grond, is dit trooskos vir my siel.
Gelukkig le ons somerreens nog voor . . . ek wag in afwagting.